"As ek my lewe kon oorhê,” sê Hugo Simonis, “sou ek vroeër op oliebore begin werk het.” Dis ’n warm Sondag in Riebeek-Wes in die Swartland. ­Hugo en Des, sy vrou, bly al ’n hele paar jaar hier. Hy het pas teruggekeer ná vier weke op ’n olieboor aan die Wes-Afrika-kus... Prinsloo is deur die mediese korps van die Suid-Afrikaanse weermag opgelei. “Toe ek die eerste keer sien hoe ’n baba gebore word, het ek geweet dis waar my roeping lê. Daar is niks soos die belofte van ’n nuwe lewe wat in suiwer liefde geskep is nie.”...  Sy het langer as tien jaar in onder meer Saoedi-Arabië gewerk en daarna by die Franse welsynsorganisasie Dokters Sonder Grense (MSF) aangesluit omdat sy nog altyd humanitêre werk wou doen. “MSF is betrokke by wêreldgebeure. Ek wou deel wees daarvan. Ek het gevoel ek kan ’n verskil maak.”

Read article below