Global

Volksblad: Ergste Menseramp

Ergste Menseramp: Die 2-jarige Aden Salaad van Somalië kyk na sy ma, wat nie afgeneem is nie, waar sy hom in 'n skottel by die hospitaal van Dokters Sonder Grense bad. Aden word behandel vir wanvoeding in die Dagahaley-kamp buite Dadaab in Kenia. Volgens mnr. Antonio Guterres, hof van die Verenigde Nasies (VN) se agentskap vir vlugtelinge, is die droogtegeteisterde Somalië “ergste menseramp” ter wereld. Hy het met verskeie vlugtelinge van die land gepraat wat ‘n ongeloofike stryd moes deurmaak om die wereld se grootste vlugtelingekamp in Dadaab te bereik.